Hierdie fees is die plek waar jy heen kom, nes jy is, om te aanbid, op jou manier, soos jy gemaklik voel en soos die Gees jou lei.
Hierdie fees is vir die hele familie – oud en jonk, of jy nou kom om te luister, saam te sing, te kuier in God se teenwoordigheid of net Sy nabyheid te beleef. JY is welkom!
Ons Kunstenaars kom deel hulle hart, lewer hulle getuienis en lei ons dan met sang en musiek, soos hulle dan ook deur God gelei en geïnspireer word.
